Mate
Mate of meting is die toewysing van 'n getal aan 'n kenmerk van 'n voorwerp of gebeurtenis, wat vergelyk kan word met ander voorwerpe of gebeure.[1][2] Meetinstrumente word baie keer gebruik, en mates word uitgedruk as 'n hoeveelheid in 'n sekere eenheid. Die SI-eenhede word veral baie gebruik.
- Hierdie artikel gaan oor die meet van hoeveelhede. Vir die artikel oor die tee, sien gerus Mate (tee).
Die wetenskap van meting word in die vak metrologie bestudeer.
Meting is die handeling of proses van te meet. In die wiskunde kan tyd, lengte, omtrek, oppervlak en volume gemeet word. Kapasiteit is die hoeveelheid wat ’n voorwerp kan bevat, of hoeveel spasie in die voorwerp is, terwyl volume die hoeveelheid ruimte is wat ’n voorwerp in beslag neem.
Metings kan op verskeie metingskale verrig word.
Eenhede vir kapasiteite
wysigBy meting word groothede in eenhede uitgedruk, byvoorbeeld:
- Milliliter (mℓ) – hoeveelheid koeldrank in ’n blikkie.
- Liter () – hoeveelheid water in jou bad.
- Kiloliter (kℓ) – hoeveelheid water in die swembad.
Dit is baie belangrik in die wetenskap. Sien gerus die SI-stelsel
Meetinstrumente
wysigMeetinstrumente kan baie eenvouding wees en word reeds eeue in die kombuis toegepas, soos:
- Meetlepels – Meet klein hoeveelhede mℓ, bv. medisyne.
- Meetkoppies – Meet mℓ kleiner as ’n liter, bv. melk afmeet vir ’n nagereg.
- Maatbeker – Meet van mℓ tot liters, bv. water afmeet om koeldrank aan te maak.
Maar in die wetenskap en die tegniek is dit baie verder ontwikkel. Sien gerus die meettegniek
Omskakeling van eenhede
wysigHerlei van kiloliter na liter
X1000 Bv. 625 kl x 1000 = 625 000 l 3,478 kl x 1000 = 3 478 l 0,06 kl x 1000 = 60 l |
Herlei van liter na kiloliter
÷1000 Bv. 4 300 l ÷ 1000 = 4,3 kl 360 l ÷ 1000 = 0,36 kl 25 l ÷ 1000 = 0,025 kl |
Herlei van liter na milliliter
X1000 Bv. 15 l x 1000 = 15 000 ml 3,478 kl x 1000 = 3 478 ml 0,56 kl x 1000 = 560 ml |
Herlei van milliliter na liter
÷1000 Bv. 625 000 ml ÷ 1000 = 625 l 34 894 ml ÷1000 = 34,894 l 7 900 485 ml ÷ 1000 = 7 900,485 l |
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Pedhazur, Elazar J.; Schmelkin, Liora Pedhazur (1991). Measurement, Design, and Analysis: An Integrated Approach (1st uitg.). Hillsdale, NJ: Lawrence Erlbaum Associates. pp. 15–29. ISBN 978-0-8058-1063-9.
- ↑ International Vocabulary of Metrology – Basic and General Concepts and Associated Terms (VIM) (PDF) (3rd uitg.). International Bureau of Weights and Measures. 2008. p. 16.
Bronne
wysig- Almal verstaan Wiskunde Graad 5 Leerderboek. 2012. Northlands: Macmillan South Africa
- Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Mate.