(Translated by https://www.hiragana.jp/)
Checkpoint Charlie: Verskil tussen weergawes - Wikipedia Gaan na inhoud

Checkpoint Charlie: Verskil tussen weergawes

Koördinate: 52°30′26.806626″N 13°23′25.399785″O / 52.50744628500°N 13.39038882917°O / 52.50744628500; 13.39038882917
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Content deleted Content added
No edit summary
Wutsje (besprekings | bydraes)
Rol weergawe 2186382 deur 178.243.84.223 (bespreek) terug.
Etiket: Ongedaanmaking
 
(6 wysigings tussenin deur 4 gebruikers nie gewys nie)
Lyn 3: Lyn 3:
[[Lêer:Sign Checkpoint Charlie.jpg|duimnael|''"U verlaat die Amerikaanse sektor"'' in vier tale. Dergelike borde was ook by die ander sektor-oorgange te sien.]]
[[Lêer:Sign Checkpoint Charlie.jpg|duimnael|''"U verlaat die Amerikaanse sektor"'' in vier tale. Dergelike borde was ook by die ander sektor-oorgange te sien.]]


'''Checkpoint Charlie''' was die bekendste grenspos van die [[Berlynse Muur]] tussen die voormalige [[Wes-Berlyn|Oos-]] en [[Wes-Berlyn]]. Dit was 'n beheerpunt tussen die Amerikaanse en Russiese sektor in [[Friedrichstraße]]. Plekke waar mense of voertuie deurgesoek word voordat hulle mag aanry, word soms met ''Checkpoint Charlie'' vergelyk.<ref name="HAT Taal-en-feitegids">HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8</ref>
'''Checkpoint Charlie''' was die bekendste grenspos van die [[Berlynse Muur]] tussen die voormalige [[Oos-Berlyn|Oos-]] en [[Wes-Berlyn]]. Dit was 'n beheerpunt tussen die Amerikaanse en Russiese sektor in [[Friedrichstraße]]. Plekke waar mense of voertuie deurgesoek word voordat hulle mag aanry, word soms met ''Checkpoint Charlie'' vergelyk.<ref name="HAT Taal-en-feitegids">HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8</ref>


Ná die [[Tweede Wêreldoorlog]]] is [[Duitsland]] sowel as [[Berlyn]] in vier besettingsones verdeel: 'n Amerikaanse, 'n Britse, 'n Franse en 'n Sowjet-besettingsone. Die Amerikaanse, Britse en Franse besettingsones was van die tyd af deel van die [[Bondsrepubliek Duitsland]] (BRD, informeel: Wes-Duitsland), terwyl die Russiese sone deel van die [[Duitse Demokratiese Republiek]] (DDR, informeel Oos-Duitsland) was. 'n Swaar bewaakte muur is tussen die Bondsrepubliek en die DDR gebou.
Ná die [[Tweede Wêreldoorlog]] is [[Duitsland]] sowel as [[Berlyn]] in vier besettingsones verdeel: 'n [[Amerikaanse]], 'n [[Britse]], 'n [[Franse]] en 'n [[Sowjet]]-besettingsone. Die Amerikaanse, Britse en Franse besettingsones was van dié tyd af deel van die [[Bondsrepubliek Duitsland]] (BRD, informeel: Wes-Duitsland), terwyl die Russiese sone deel van die [[Duitse Demokratiese Republiek]] (DDR, informeel Oos-Duitsland) was. 'n Swaar bewaakte muur is tussen die Bondsrepubliek en die DDR gebou.

Mense wat van die Bondsrepubliek na Oos-Berlyn wou reis moes eers die sogenaamde Transit-Autobahnen neem – die enige verbindings tussen die Bondsrepubliek en Wes-Berlyn – vanwaar hulle na Oos-Berlyn kon reis. Checkpoint Charlie was die derde kontrolepunt wat mens onderweg moes oorsteek. Die punt is gevolglik na die derde letter van die [[NAVO-spelalfabet]] genoem. ''Checkpoint Alpha'' was die grenspos by Helmstedt op die Duits-Duitse grens. ''Checkpoint Bravo'' was by die snelweg naby Dreilinden, op die grens tussen [[Potsdam]] en Wes-Berlyn gewees.

Checkpoint Charlie was die enigste kontrolepunt waar diplomatieke korps en ander buitelanders (almal behalwe Wes-Berlyners, Wes-Duitsers en burgers van die lande van die Geallieerde Beheerraad) per pad na Oos-Berlyn kon reis. Per openbare vervoer was die nabygeleë Bahnhof Friedrichstraße die enigste toegangsregte vir toeriste.


== Verwysings ==
== Verwysings ==
Lyn 13: Lyn 17:
* {{Commonskat-inlyn|Checkpoint Charlie}}
* {{Commonskat-inlyn|Checkpoint Charlie}}


{{Koördinate|52|30|27.95|N|13|23|24.73|O|scale:1000|aansig=titel}}
{{Koördinate|52|30|26.806626|N|13|23|25.399785|O|scale:1000|aansig=titel}}

{{Saadjie}}
{{Saadjie}}


{{Normdata}}

[[Kategorie:Geboue en strukture in Berlyn]]
[[Kategorie:Geskiedenis van Duitsland]]
[[Kategorie:Geskiedenis van Duitsland]]
[[Kategorie:Grense]]
[[Kategorie:Grense]]

Huidige wysiging sedert 01:39, 21 Mei 2020

Checkpoint Charlie in 2004, 15 jaar na die val van de muur.
Sowjet- en Amerikaanse tenks vis-à-vis by Checkpoint Charlie
"U verlaat die Amerikaanse sektor" in vier tale. Dergelike borde was ook by die ander sektor-oorgange te sien.

Checkpoint Charlie was die bekendste grenspos van die Berlynse Muur tussen die voormalige Oos- en Wes-Berlyn. Dit was 'n beheerpunt tussen die Amerikaanse en Russiese sektor in Friedrichstraße. Plekke waar mense of voertuie deurgesoek word voordat hulle mag aanry, word soms met Checkpoint Charlie vergelyk.[1]

Ná die Tweede Wêreldoorlog is Duitsland sowel as Berlyn in vier besettingsones verdeel: 'n Amerikaanse, 'n Britse, 'n Franse en 'n Sowjet-besettingsone. Die Amerikaanse, Britse en Franse besettingsones was van dié tyd af deel van die Bondsrepubliek Duitsland (BRD, informeel: Wes-Duitsland), terwyl die Russiese sone deel van die Duitse Demokratiese Republiek (DDR, informeel Oos-Duitsland) was. 'n Swaar bewaakte muur is tussen die Bondsrepubliek en die DDR gebou.

Mense wat van die Bondsrepubliek na Oos-Berlyn wou reis moes eers die sogenaamde Transit-Autobahnen neem – die enige verbindings tussen die Bondsrepubliek en Wes-Berlyn – vanwaar hulle na Oos-Berlyn kon reis. Checkpoint Charlie was die derde kontrolepunt wat mens onderweg moes oorsteek. Die punt is gevolglik na die derde letter van die NAVO-spelalfabet genoem. Checkpoint Alpha was die grenspos by Helmstedt op die Duits-Duitse grens. Checkpoint Bravo was by die snelweg naby Dreilinden, op die grens tussen Potsdam en Wes-Berlyn gewees.

Checkpoint Charlie was die enigste kontrolepunt waar diplomatieke korps en ander buitelanders (almal behalwe Wes-Berlyners, Wes-Duitsers en burgers van die lande van die Geallieerde Beheerraad) per pad na Oos-Berlyn kon reis. Per openbare vervoer was die nabygeleë Bahnhof Friedrichstraße die enigste toegangsregte vir toeriste.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

52°30′26.806626″N 13°23′25.399785″O / 52.50744628500°N 13.39038882917°O / 52.50744628500; 13.39038882917