Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/19 Januarie
Voorkoms
- 1419 - Tydens die Honderdjarige Oorlog tussen Engeland en Frankryk word Rouen deur die Engelse koning Hendrik V ingeneem en Normandië by die Koninkryk van Engeland ingelyf.
- 1839 - Die Royal Marines land by Aden om seerowers daarvan te verhoed om Britse skepe na en van Indië aan te val. Aden sou onder Britse beheer bly tot 1967.
- 1937 - Howard Hughes stel 'n nuwe rekord op deur in 7 uur, 28 minute en 25 sekondes van Los Angeles na New York te vlieg.
- 1984 - Die Standerbende beroof drie banke in minder as 'n uur in Johannesburg se middestad.