20 Desember
Voorkoms
<< | Desember 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
20 Desember is die 354ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (355ste in skrikkeljare). Daar volg nog 11 dae in die res van die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1046 – Die begin van die sinode van Sutri waartydens Pous Silvester III en Pous Gregorius VI afgeset word.
- 1254 – Pous Alexander IV word gekroon.
- 1334 – Pous Benedictus XII volg Pous Johannes XXII op.
- 1448 – Pous Nicolaas V stel ses nuwe kardinale aan waaronder sy halfbroer Filippo Calandrini.
- 1483 – Johann Snell druk die eerste boek in Swede, die Dialogus creaturarum ('n versameling van fabels).
- 1518 – Gian Pietro Carafa (later Pous Paulus IV) word aartsbiskop van Brindisi.
- 1527 – Pous Clemens VII stel Francesco Comaro senior, 'n patrisiër uit Venesië, aan as kardinaal.
- 1538 – Pous Paulus III stel nog 6 nuwe kardinale aan.
- 1555 – Pous Paulus IV stel nog 7 nuwe kardinale aan.
- 1589 – Pous Sixtus V stel vier nuwe kardinale aan waaronder Charles III de Lorraine-Vaudémont, verkose biskop van Metz.
- 1712 – Slag van Gadebusch tydens die Groot Noorse Oorlog.
- 1724 – Pous Benedictus XIII stel Prospero Marefoschi, titulêr aartsbiskop van Cesarea en Agostino Pipia, O.P.,verkose biskop van Osimo aan as kardinale.
- 1737 – Pous Clemens XII stel sewe nuwe kardinale aan, waaronder Carlo Rezzonico (later Pous Clemens XIII).
- 1759 – Pous Clemens XIII publiseer "Appentente Sacro" – Oor die geestelike voordele van vas.
- 1803 – Die aankoop van Louisiana voltooi.
- 1808 – Begin van die tweede beleg van Zaragoza tydens die Spaanse Onafhanklikheidsoorlog.
- 1812 – Die Grimm broers publiseer die eerste uitgawe van hulle "Kinder- und Hausmärchen".
- 1824 – Pous Leo XII stel Pedro de Inguanzo y Rivero, aartsbiskop van Toledo en Ludovico Micara, O.F.M.Cap. aan as kardinale.
- 1838 – Vier dae na die slag van Bloedrivier bereik die Voortrekkers uMgungundlovu wat deur Dingaan verlaat en aan die brand gesteek is.
- 1860 – Suid-Carolina skei van die Verenigde State van Amerika af, wat lei tot die Amerikaanse Burgeroorlog.
- 1879 – Achille Ratti (later Pous Pius XI) word priester.
- 1880 – Eerste Vryheidsoorlog: Die Slag van Bronkhorstspruit vind plaas.
- 1901 – In Stockholm word die eerste Nobelprys toegeken.
- 1914 – Jopie Fourie, kommandoleier van die rebellie tydens die Maritz-rebellie, word per vuurpeloton tereggestel nadat hy aan hoogverraad skuldig bevind is.
- 1917 – Die Tsjeka, die Russiese geheimediens word gestig.
- 1952 – Die tweede Selakant word by Anjouan in die Comore-eilande gevang.
- 1957 – Die Boeing 707 onderneem sy nooiensvlug.
- 1976 – Die Marais-komitee maak 14 beginsels bekend wat die grondslag van 'n nuwe opposisie-party in Suid-Afrika moet wees.
- 1990 – Na die hervereniging van Duitsland sit die Duitse parlement ("Bundestag") vir die eerste keer na die Tweede Wêreldoorlog weer in Berlyn.
- 1995 – NAVO begin vredebewaring in Bosnië en Herzegowina.
- 1999 – Die voormalige Portugese kolonie Macau word weer deel van die Volksrepubliek China.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1633 – Abbas II, Sjah van Persië († 1666).
- 1866 – Ds. P.G.J. Meiring, leraar van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en redakteur van die Kerk se weekblad, die Kerkbode († 1938).
- 1874 – Mary Ann Bevan, Britse byvertoning akteur en verpleegster († 1933).
- 1920 – Vlasta Depetrisová, vroue-tafeltennisspeler uit Tsjeggo-Slowakye († 2003).
- 1922 – Charita Bauer, Amerikaanse aktrise († 1985).
- 1927 – Kim Young-sam, Suid-Koreaanse politikus en sewende president van dié land († 2015).
- 1938 – Jacob de Villiers, Suid-Afrikaanse boer, politikus en kabinetsminister.
- 1938 – Edwill van Aarde, Suid-Afrikaanse televisie-, radio-omroeper en sportkommentator († 2024).
- 1948 – Dame Mitsuko Uchida, klassieke pianis en dirigent.
- 1954 – Jay Naidoo, Suid-Afrikaanse aktivis, politikus en kabinetsminister.
- 1956 – Mohamed Ould Abdel Aziz, Mauritaanse generaal.
- 1966 – Paul Ritter, Britse akteur († 2021).
- 1983 – Lucy Pinder, Engelse fotomodel en aktrise.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 69 – Vitellius, Romeinse keiser (* 15).
- 217 – Pous Zefirinus, biskop van Rome en die vyftiende pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1552 – Katharina von Bora, Duitse adellike en eggenote van Martin Luther (* 1499).
- 1679 – Johan Maurits van Nassau, Nederlandse veldmaarskalk, vors van Nassau-Siegen en goewerneur van Nederlands-Brasilië (* 1604).
- 1722 – Keiser Kangzi van China (* 1654).
- 1914 – Jopie Fourie, Boerekryger in die Tweede Vryheidsoorlog (* 1878).
- 1940 – Manie Maritz, boeregeneraal en leier in die Rebellie van 1914 (* 1876).
- 1968 – Max Brod, Oostenrykse skrywer, vertaler en komponis (* 1884).
- 1968 – John Steinbeck, Amerikaanse skrywer en Nobelpryswenner (* 1902).
- 1976 – Walter Fitzgerald 'n Engelse akteur (* 1896).
- 1982 – Arthur Rubinstein, Poolse pianis (* 1887).
- 1985 – Olaf Andresen, Duitsgebore Afrikaanse liedjieskrywer (* 1902).
- 1996 – Carl Sagan, Amerikaanse sterrekundige, astrofisikus, kosmoloog en skrywer (* 1934).
- 2009 – Brittany Murphy, Amerikaanse aktrise (* 1977).
- 2013 – Merwede van der Merwe, TV-persoonlikheid en kampvegter vir Afrikaanse musiek (* 1947).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met 20 December. |