Macau
| |||||
Volkslied: 《 Yìyǒngjūn Jìnxíngqǔ (Chinees) Marcha dos Voluntários (Portugees) (Afrikaans: "Mars van die Vrywilligers") | |||||
Hoofstad | Macau | ||||
Grootste stad | Macau | ||||
Amptelike tale | Chinees en Portugees | ||||
Regering • Hoofuitvoerende Beampte • Hoofsekretaris vir Administrasie |
Spesiale Administratiewe Streek van die Volksrepubliek China Ho Iat Seng Cheong Weng Chon | ||||
Onafhanklikheid Vorming
• Portugese administrasie • Portugese kolonie • Japannese besetting • Oordraging van die Portugese soewereiniteit aan die Volksrepubliek China |
1557 1 Desember 1887 25 Desember 1941 tot 15 Augustus 1945 20 Desember 1999 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
115,3 km2 (235ste) 44,5 myl2 73,7 | ||||
Bevolking - 2016-skatting - 2016-sensus - Digtheid |
647 700[1] (167ste) 650 900[2] 21 411 / km2 (1ste) 55 454,2 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2017-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2017-skatting | ||||
MOI (2014) | 0,894[4] (18de) – baie hoog | ||||
Geldeenheid | Pataca (MOP )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
MST (UTC+8) nie toegepas nie (UTC+8) | ||||
Internet-TLD | .mo, . | ||||
Skakelkode | +853 |
Macau of Macao (Chinees:
Macau was die eerste en die laaste Europese kolonie in China. Portugese handelaars het hulle reeds in die 16de eeu in Macau gevestig en die gebied begin administreer. In 1887 het die Chinese Mantsjoe-regering die Portugese heerskappy oor die gebied amptelik erken.
Macau het op 20 Desember 1999 weer onder Chinese soewereiniteit gekom, maar sal volgens 'n Portugees-Chinese ooreenkoms hierna nog vyftig jaar lank tot in 2049 'n selfregerende streek bly. Volgens die beginsel van "een land, twee stelsels" is die regering van die Volksrepubliek China verantwoordelik vir die verdediging en buitelandse betrekkinge van Macau, terwyl die streek sy eie regstelsel, polisiemag, monetêre stelsel, doeane- en immigrasiebeleid sal handhaaf. Macau word in internasionale organisasies en by internasionale gebeurtenisse deur sy eie afgevaardigdes verteenwoordig.
Die historiese stadskern van Macau is in 2005 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.
Galery
[wysig | wysig bron]-
Kaart van Macau
-
Besienswaardighede van Macau
-
Macau soos gesien vanaf Lago Nam Van
-
Macau soos gesien vanaf die Macau Museum
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (zh) "Demographic Statistics for the 3rd Quarter 2016". Statistics and Census Service of the Government of Macau SAR. 10 November 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 November 2018. Besoek op 26 Julie 2017.
- ↑ (en) "Preliminary Results of 2016 Population By-Census". Statistics and Census Service. Macao SAR Government. 23 Desember 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Oktober 2019. Besoek op 26 Julie 2017.
- ↑ 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) "Macau". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 26 Julie 2017.
- ↑ (en) "Macau in Figures, 2013". Statistics and Census Service, Macau SAR. 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 26 Julie 2017.
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Algemeen
- (en) "Macau". Encyclopædia Britannica. Besoek op 5 Augustus 2023.
- (en) "Macau". Central Intelligence Agency. Besoek op 5 Augustus 2023.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Macau.
- (en) Toerisme-inligting oor Macau op Wikivoyage
- (en) (pt) (zh) Amptelike webwerf van die Macau Spesiale Administratiewe Streek
- (en) (fr) Amptelike Unesco-bladsy