Evangelie volgens Lukas
Onderdeel van | Nuwe Testament, kanonieke Evangelies, Bybel, Luke–Acts, Tetraevangelion |
---|---|
Datum van stigting of ontstaan | 85 CE |
Kort naam | Lk, Luuk., Łk |
Naam van werk | |
Vernoem na | Lukas die Evangelis |
Genre | Evangelie |
Het uitgawe | Bishāra daga hannun : Luka., Embéo E Majaró Lucas, Luke |
Outeur | Lukas die Evangelis |
Uitbeelding | Nativity of Jesus, annunciation to the shepherds |
Entry in abbreviations table | Luke |
Stack Exchange-etiket | https://hermeneutics.stackexchange.com/tags/luke, https://christianity.stackexchange.com/tags/gospel-of-luke |
Die Evangelie volgens Lukas is die derde evangelie en ook die derde boek in die Nuwe Testament. Die Evangelie verkondig Jesus as Verlosser, nie net van Israel nie maar van die hele mensheid. 'n Groot deel van hierdie Evangelie bevat dieselfde gegewens as Matteus en Markus, maar aangesien Lukas volgens oorlewering 'n dokter was, voeg die skrywer uit eie ondersoek heelwat gegewens met 'n mediese agtergrond by.
Daar is byvoorbeeld die uitgebreide verhaal oor die geboorte van Jesus, die opwekking van die seun by Nain, die verhale oor Saggeus en die Emmausgangers, 'n hele aantal gelykenisse waaronder dié van die barmhartige Samaritaan en van die verlore seun.
Met bewoënheid het Jesus weldade aan siekes en lydendes, veronregtes en verarmdes bewys. Die ondertoon van die Evangelie is dié van blydskap oor die koms van die Verlosser en sy oorwinning oor die magte van die Bose.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Timoteus.