Spilmoondhede
Die Spilmoondhede (Duits: Achsenmächte, Italiaans: Potenze dell'Asse, Japannees:
Oorsprong
[wysig | wysig bron]Die term is vir die eerste keer deur Benito Mussolini in November 1936 gebruik toe hy gepraat het van 'n Rooms-Berlynse spil wat besig was om op te rys uit die vriendskapsverdrag wat deur Italië en Duitsland op 25 Oktober 1936 onderteken is. Mussolini het verklaar dat die twee lande 'n "spil" sou vorm waarom die ander state van Europa sou draai. Italië was oorspronklik 'n teenstander van Duitsland, maar na die Volkebond Italië se oorlog teen Abessinië teengestaan het, het Duitsland Italië ondersteun en is 'n vriendskapsbond tussen dié twee lande geskep. Die bond het in Mei 1939 verander in 'n alliansie wat deur Mussolini die "Verdrag van Staal" genoem is.
Die term "Spilmoondhede" was dan ook die amptelike, gebruiklike term na Duitsland, Italië en Japan die Driepartyepakt op 27 September 1940 onderteken het. Hongarye (20 November 1940), Roemenië (23 November 1940), Slowakye (24 November 1940) en Bulgarye (1 Maart 1941) het later ook by die verdrag aangesluit. Die magtigste militêre lede was Duitsland en Japan. Hierdie twee nasies het in 1936 ook die Anti-Kominternpakt as geallieerdes met mekaar gesluit nog voor die Driepartyepakt bestaan het.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Spilmoondhede.