(Translated by https://www.hiragana.jp/)
Pous Paulus VI - Wikipedia Gaan na inhoud

Pous Paulus VI

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Oesjaar (besprekings | bydraes) op 06:26, 23 April 2014 (Verbeter)
Pous Paulus VI
Lêer:PABLO VI.jpg
Geboortenaam Giovanni Battista Enrico Antonio Maria Montini
Pontifikaat begin 21 Junie 1963
Pontifikaat eindig 6 Augustus 1978
Voorganger Johannes XXIII
Opvolger Johannes Paulus I
Gebore 26 September 1897
Concesio by Brescia, Italië
Sterf 6 Augustus 1978
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Paulus

Paulus VI (26 September, 1897 - 6 Augustus, 1978) was die 262ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk vir 15 jaar, 1 maand en 17 dae, van 1963 tot 1978. Hy laat die Tweede Vatikaanse Konsilie wat deur sy voorganger Pous Johannes XXIII begin is, hervat. Hy was die eerste pous wat per vliegtuig om die wêreld gereis het.

Biografie

Pous Paulus VI[1] is gebore as Giovanni Battista Montini (meer volledig Giovanni Battista Enrico Antonio Maria Montini) op 26 September 1897 in Concesio by Brescia, Italië. Hy is die seun van Giorgio Montini en Giudetta Alghisi. Op 29 Mei 1920 word hy priester gewy. In 1921 behaal hy ‘n doktorsgraad in teologie aan die Gregoriaanse Universiteit in Rome. In 1954 word hy aartsbiskop van Milaan. Pous Johannes XXIII stel Montini aan as kardinaal priester op 15 Desember 1958. Op 21 Junie 1963 volg hy Pous Johannes XXIII op en regeer tot sy dood op 6 Augustus 1978. Hy word opgevolg deur Pous Johannes Paulus I. Die naam ‘Paulus’ beteken 'die kleintjie'.

Kerklike loopbaan

Pontifikaat

Na die dood van Pous Johannes XXIII kies die kardinale Montini as nuwe pous na twee dae se konklaaf op 21 Junie 1963. As sy vernaamste taak het hy die voortsetting van die Tweede Vatikaanse konsilie op hom geneem. Hy het ook dadelik die tweede sitting begin voorberei. Hy het aktief toenadering na ander religieuse groeperinge gesoek.

In die laaste jaar van sy lewe is Paulus swaar geskok deur die moord op Aldo Moro premier van Italië en vriend van die pous. Sy laaste openbare optrede was die begrafnisdiens vir Moro. Twee maande later op 6 Augustus 1978 beswyk hy aan ‘n hartaanval in sy vakansiehuis Castel Gandolfo.

Die kollege van kardinale

Die mees verreikende beleid van Paulus was die verandering van die aard en omvang van die Kollege van Kardinale. Deur sy motu proprio (Ingravescentem Ætatem) kondig hy aan dat kardinale van 80 jaar en ouer nie meer mag deelneem aan die konklaaf by die verkiesing van ‘n nuwe pous. In Ecclesiae Sanctae bepaal hy dat biskoppe en hoë Kuriefunktionarisse op hulle 75ste verjaarsdag vrywillig hulle ontslag moet aanbied. Beide reëlings laat Paulus toe om die kerk ingrypend te vernuwe. Hy verhoog ook die maksimum aantal kardinale aansienlik. Paulus het ‘n groot aantal nuwe kardinale aangestel veral ook uit lande wat nog nooit ‘n kardinaal gehad het nie. Die persentasie Italianers in die kollege het aansienlik gedaal en lande in Afrika en Suid-Amerika kry baie meer mag. Dit was ook die oorsaak daarvan dat in 1978 vir die eerste keer in baie eeue ‘n nie-Italiaan as pous gekies is. Pous Paulus VI het 143 nuwe kardinale aangestel in 6 konsistories. Weens die omvang van die lys word dit hier gehou.

Saligverklarings

  • 1963 - Carlos Manuel Rodrigues Santiago
  • 1963 - Pous Johannes XIII
  • 1963 – Maria Guadalupe Garcia Zavala
  • 1963 – Oleksiy Zarytskyi
  • 1964 – Anwarite Nengapeta
  • 1964 – Cyprianus Michael Iwene Tansi
  • 1964 – Simeon Lukach
  • 1965 – Maria orsini Beltrame Quattrocchi
  • 1967 – Maria Alvarado Cardozo
  • 1968 – Padre Pio van Pietrelcina
  • 1971 – James Alberione
  • 1971 – Vasyl Velychkovsky
  • 1974 – Maria Maravillas van Jesus
  • 1975 – Josemaria Escriva de Balaguer
  • 1976 – Gabriele Allegra

Heiligverklarings

Bulle, briewe, ensiklieke en dekrete

‘’’Pous Paulus ‘’’ skryf sewe ensiklieke. In “Ecclesiam suam” van 6 Augustus 1964 en “Mysterium fidei” van 3 September 1965 beskryf hy die konsilieproblematiek. Twee word gewy aan Mariaverering: “Mense Maio” van 29 April 1965 oor die maand Mei en “Christi Matri Rosarii” van 15 September 1966 oor die rosekrans. “Populorum Progressio” van 26 Maart 1967 is gewy aan die kloof tussen arm en ryk lande. Die priesterlike selibaat en geboortebeperking kom aan bod in “Sacerdotalis Caelibatus” van 24 Junie 1967 en “Humanae Vitae” van 25 Julie 1968.

Verering

Op 20 Desember 2012 word pous Paulus VI eerbiedwaardig verklaar deur Pous Benedictus XVI. Dit is die eerste stap op die pad na saligverklaring.

Bibliografie

  • Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0300091656.
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0500017980.

Verwysings

  1. Paul VI. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.

Eksterne skakels

  • Bulle 'n Databasis van pouslike ensiklieke, dekrete en bulle (in Engels)
  • Inskrywing in die Saint-Mike Papal Library (Engels).

Nota

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse Wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolging

Voorafgegaan deur
Alfredo Lidefonso Schuster
Aartsbiskop van Milaan
19541963
Opgevolg deur
Giovanni Colombo
Voorafgegaan deur
Johannes XXIII
Pous (Pontifex Maximus)
19631978
Opgevolg deur
Johannes Paulus I