(Translated by https://www.hiragana.jp/)
Akira Kurosawa - Wikipedia Gaan na inhoud

Akira Kurosawa

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Akira Kurosawa
黒澤くろさわ あきら
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Akira Kurosawa in 1953 op die stel van Seven Samurai.

Geboorte (1910-03-23)23 Maart 1910
Tokio, Japan
Sterfte 6 September 1998 (op 88)
Tokio, Japan
Beroep(e) Rolprentregisseur, -vervaardiger en
-draaiboekskrywer
Aktiewe jare 1936–1993
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Akira Kurosawa (Japannees: 黒澤くろさわ あきら, 23 Maart 1910 – 6 September 1998) was ’n Japannese rolprentregisseur, -vervaardiger en -draaiboekskrywer. Hy word beskou as een van die belangrikste en invloedrykste rolprentmakers in die geskiedenis van die rolprentwese; hy het 30 rolprente geregisseer in sy loopbaan van 57 jaar.

Loopbaan[wysig | wysig bron]

Kurosawa het in 1936 in die rolprentbedryf betrokke geraak ná ’n kort loopbaan as skilder. Nadat hy jare lank as mede-regisseur en draaiboekskrywer gewerk het, het hy sy debuut as regisseur in 1943 tydens die Tweede Wêreldoorlog gemaak met die gewilde aksieprent Sanshiro Sugata (ook bekend as Judo Saga). Ná die oorlog het Drunken Angel (1948) hom ’n gerekende regisseur in Japan gemaak. Een van die hoofspelers was die toe onbekende akteur Toshiro Mifune. Die twee mans het later nog 15 prente saam gemaak. Sy vrou, Yōko Yaguchi, het ook in een van sy prente gespeel.

Rashomon, waarvan die première in Augustus 1950 in Tokio was, weer met Mifune in, het op 10 September 1951 in ’n verrassende wending die Goue Leeu op die Venesiese Rolprentfees gewen en is daarna in Europa en Noord-Amerika uitgereik. Die sukses van die prent het gemaak dat die Weste vir die eerste keer kennis geneem het van Japannese rolprente, en dit het weer gelei tot die erkenning van ander Japannese rolprentmakers. Regdeur die 1950's en vroeë 1960's het Kurosawa sowat een prent per jaar geregisseer, onder meer ’n paar wat goed ontvang is soos Ikiru (1952), Seven Samurai (1954) en Yojimbo (1961). Ná die middel 1960's het hy baie minder produktief geraak, maar sy latere werk het sy laaste twee epiese prente ingesluit: Kagemusha (1980) en Ran (1985). Hy het nog pryse gewen, onder meer die Palme d'Or vir Kagemusha – meer dikwels oorsee as in Japan.

In 1990 het hy die Oscar ontvang vir sy lewensbydrae tot die rolprentbedryf.[1][2]

Hy is ná sy dood deur die tydskrif AsianWeek en CNN aangewys as "Asiër van die Eeu" in die kategorie Kuns, Letterkunde en Kultuur. Hy is genoem "een van die (vyf) mense wat in die afgelope 100 jaar die meeste bygedra het tot die verbetering van Asië".[3]

Filmografie[wysig | wysig bron]

Van Kurosawa se werk sluit in:

As regisseur[wysig | wysig bron]

Jaar Engelse titel Japannees Transliterasie
1943 Sanshiro Sugata (Judo Saga) 姿すがた三四郎さんしろう Soegata Sansjiro
1944 The Most Beautiful 一番いちばんうつくしく Itsjiban oetsoekoesjikoe
1945 Sanshiro Sugata Part II (Judo Saga 2) ぞく姿すがた三四郎さんしろう Zokoe Soegata Sansjiro
The Men Who Tread on the Tiger's Tail とらおとこたち Tora no o wo foemoe otokotatsji
1946 No Regrets for Our Youth わが青春せいしゅんに悔なし Waga seisjoen ni koeinasji
1947 One Wonderful Sunday 素晴すばらしき日曜日にちようび Soebarasjiki nitsjijobi
1948 Drunken Angel いどれ天使てんし Joidore tensji
1949 The Quiet Duel しずかなる決闘けっとう Sjizoekanaroe ketto
Stray Dog 野良犬のらいぬ Nora inoe
1950 Scandal 醜聞しゅうぶん Soekjandaroe (Sjoeboen)
Rashomon 羅生門らしょうもん Rasjomon
1951 The Idiot 白痴はくち Hakoetsji
1952 Ikiru (To Live) きる Ikiroe
1954 Seven Samurai 七人しちにんさむらい Sjitsjinin no samoerai
1955 I Live in Fear (Record of a Living Being) きものの記録きろく Ikimono no kirokoe
1957 Throne of Blood (Spider Web Castle) 蜘蛛くもじょう Koemonosoe-jo
The Lower Depths どんぞこ Donzoko
1958 The Hidden Fortress かくとりでさん悪人あくにん Kakoesji toride no san akoenin
1960 The Bad Sleep Well わるやつほどよくねむ Waroei jatsoe hodo jokoe nemoeroe
1961 Yojimbo (The Bodyguard) 用心棒ようじんぼう Jodjinbo
1962 Sanjurō 椿つばき三十郎さんじゅうろう Tsoebaki Sandjoero
1963 High and Low (Heaven and Hell) 天国てんごく地獄じごく Tengokoe to djigokoe
1965 Red Beard あかひげ Akahige
1970 Dodesukaden どですかでん Dodesoekaden
1975 Dersu Uzala デルス・ウザーラ Deroesoe Oezara
1980 Kagemusha (The Shadow Warrior) 影武者かげむしゃ Kagemoesja
1985 Ran らん Ran
1990 Dreams (Akira Kurosawa's Dreams) ゆめ Joeme
1991 Rhapsody in August はちがつ狂詩曲きょうしきょく Hatsjigatsoe no rapoesodi (Hatsjigatsoe no kjosjikjokoe)
1993 Madadayo (Not Yet) まあだだよ Madadajo

As vervaardiger[wysig | wysig bron]

Vir die volgende prente wat Kurosawa geregisseer het, het hy ook kresiet as vervaardiger ontvang:

  • Stray Dog (assistent-vervaardiger)
  • Throne of Blood (mede-vervaardiger)
  • The Lower Depths (vervaardiger)
  • The Hidden Fortress (mede-vervaardiger)
  • The Bad Sleep Well (mede-vervaardiger)
  • Yojimbo (mede-vervaardiger)
  • Sanjuro (mede-vervaardiger)
  • High and Low (mede-vervaardiger)
  • Red Beard (mede-vervaardiger)
  • Dodesukaden (uitvoerende vervaardiger en vervaardiger)
  • Kagemusha (vervaardiger)

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Academy Award Acceptance Speech Database". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Februarie 2010. Besoek op 13 Junie 2010.{{cite web}}: CS1 maint: bot: original URL status unknown (link)
  2. "Akira Kurosawa Tribute with George Lucas, Steven Spielberg" (in Engels). 19 November 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2016. Besoek op 28 Junie 2010.
  3. "ASIANOW – Asiaweek – Asian of the Century – Kurosawa Akira – 12/10/99". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Junie 2013. Besoek op 18 Junie 2010.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]