Anemie
Voorkoms
Anemie | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
Bloed van 'n persoon met anemie | ||
ICD-10 | D50-D64 | |
ICD-9 | 280-285 | |
DiseasesDB | 663 | |
MedlinePlus | 000560 | |
eMedicine | med/132emerg/808 emerg/734 | |
MeSH | D000740 | |
Mediese waarskuwing |
Anemie, ook bekend as bloedarmoede, is 'n siektetoestand wat voor kom wanneer die aantal eritrosiete (rooibloedselle) en/of die hoeveelheid hemoglobien in die bloed verlaag.
Omdat die bloed nie die vereiste hoeveelheid suurstof vir selmetabolisme vervoer nie, is anemiese mense gou moeg, bleek, kortasem en kry gou koud.
Daar is oor die algemeen 4 maniere waarop mense anemies raak:
- 'n Tekort aan stowwe wat deur die beenmurg benodig word om rooibloedselle te vervaardig, bv. yster, foliensuur en vitamien B12. Yster is 'n noodsaaklike deel van 'n hemoglobienmolekule. As daar 'n ystertekort is, word dit ystertekort-anemie genoem.
- Siektes van die beenmurg, bv. leukemie, of skade aan die beenmurg as gevolg van middels om kanker met chemoterapie te behandel.
- Die buitengewone afbreek van rooibloedselle in die bloedstroom, bv. malaria.
- Bloedverlies, bv. tydens swaar menstruasie, traumas en inwendige parasiete soos wanneer kinders wurms het.
Ystertekort-anemie kan deur 'n gesonde dieet, wat vleis en groen groente insluit, behandel word. Ysteraanvullings kan ook geneem word.
Bron
[wysig | wysig bron]- Dokter in die huis, Dr Jan van Elfen, 1993 ISBN 0-624-03234-5
- Mind Action Series Lewenswetenskappe, J. Grogan en R. Suter, 2019 978177611338-5