(Translated by https://www.hiragana.jp/)
Kinshasa - Wikipedia Gaan na inhoud

Kinshasa

Koördinate: 04°20′S 15°19′O / 4.333°S 15.317°O / -4.333; 15.317
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Kinshasa

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Demokratiese Republiek die Kongo Demokratiese Republiek
die Kongo
 Provinsie Kinshasa
 Koördinate 04°20′S 15°19′O / 4.333°S 15.317°O / -4.333; 15.317
 Stigting 1881
 Oppervlakte:  
 - Totaal 9 965 vk km
 Hoogte bo seevlak 240 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2017) 11 855 000
 - Bevolkingsdigtheid 20 000/vk km
 Tydsone UTC +1
 Burgemeester André Kimbuta Yango
 Amptelike webwerf kinshasa.cd[dooie skakel]

Kinshasa (Frans [kinʃasa], voorheen: Léopoldville; Nederlands: Leopoldstad, ) is die hoofstad en grootste stad van die Demokratiese Republiek die Kongo (ook Kongo-Kinshasa genoem), wat tot ses jaar ná die land sy onafhanklikheid (1960) van België verkry het as Leopoldstad bekend gestaan het.

Nasa-Satellietbeeld van Brazzaville, Kinshasa en die Malebo-poel in die Kongorivier
'n Uitsig oor Kinshasa

Dit is 'n 'n rivierhawe en aan die Kongorivier, oorkant die hoofstad van die Republiek die Kongo, Brazzaville, net suid van die ewenaar geleë. Dit maak van Brazzaville en Kinshasa die wêreld se tweede naaste hoofstede ná Rome en die Vatikaanstad.

Die stad is in 1887 deur die Britse ontdekkingsreisiger Henry Morton Stanley gestig. Dit het in 1926 die hoofstad van die Belgiese kolonie geword. Tydens die Tweede Wêreldoorlog was troepe van die Verenigde State hier gestasioneer.

Die stad beskik oor 'n internasionale lughawe, 'n rivierhawe, 'n universiteit (1954) en is 'n vername handelsentrum. Van die bedrywe in die stad is onder meer voedselverwerking, tekstiele, chemikalieë en brouery.

Kinshasa se naam het net een keer verander, hoewel die land om die beurt die Kongo-Vrystaat van 1885 tot 1908, die Belgiese Kongo van 1908 tot 1960, die Demokratiese Republiek die Kongo van 1960 tot 1971, die Republiek van Zaïre van 1971 tot 1997 en uiteindelik weer die Demokratiese Republiek die Kongo van 1997 tot die hede was.

Die bevolking word tans (2017) op byna 12 miljoen geraam, wat van Kinshasa Afrika se derde grootste stad ná Kaïro en Lagos maak.[1] Dit is ook die grootste Franssprekende stad ter wêreld, net groter as Parys.[2][3] In 1956 was die bevolking slegs 300 000, waarvan 17 000 blank was. Frans is die belangrikste taal van die regering, skole, koerante, openbare dienste en hoë-end-handel in die stad, terwyl Lingala as 'n lingua franca in die strate gebruik word.[4]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "DemographiaWorld Urban Areas – 13th Annual Edition" (PDF) (in Engels). Demographia. April 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 16 Oktober 2018.
  2. "Populations Of 150 Largest Cities In The World". World Atlas (in Engels). 7 Maart 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 16 Oktober 2018.
  3. "Time series of the population of the 30 largest urban agglomerations in 2011 ranked by population size, 1950–2025" (XLS) (in Engels). United Nations, Population Division. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2013. Besoek op 25 Junie 2012.
  4. (en) Cécile B. Vigouroux & Salikoko S. Mufwene (2008). Globalization and Language Vitality: Perspectives from Africa, bl. 103 & 109. ISBN 978-0-8264-9515-0. Besoek op 16 Oktober 2018.
  • (en) Crystal, David (red.), The Cambridge Encyclopedia, London, 1992.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]