(Translated by https://www.hiragana.jp/)
Vereenvoudigde Chinese karakters - Wikipedia Gaan na inhoud

Vereenvoudigde Chinese karakters

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Vereenvoudigde Chinese karakters
Soort skryfstelsel   Logografie
Tyd gebruik Sedert 1956
Rigting Links na regs, bo na onder
Tale Chinees
Stelsels
Moederstelsels
Orakelbeenskrif
ISO 15924 Hans, 501
Nota
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat
Portaal  Portaalicoon   Skryfstelsels

Vereenvoudigde Chinese karakters (vereenvoudigde Chinees: 简体, tradisionele Chinees: 簡體字かんたいじ, pinyin: Jiǎntǐzì) is gestandardiseerde Chinese karakters wat deur die Sjiandai Hanju Tongjong Zibiao (Lys van karakters wat algemeeen in Moderne Chinees gebruik word) vir gebruik in Vastelandse China voorgeskryf word. Tesame met tradisionele Chinese karakters is dit een van die twee standaard karakterversamelings vir hedendaagse geskrewe Chinees. Die regering van die Volksrepubliek China in Vastelandse China bevorder sedert die 1950's die ingebruikname van die vereenvoudigde karakters in 'n poging om geletterdheid te verbeter.[1] Vereenvoudigde Chinese karakters word amptelik in die Volksrepubliek China en in Singapoer gebruik.

Vereenvoudigde Chinese karakters staan amptelik as 简化 (tradisionele Chinees: 簡化, pinyin: Jiǎnhuàzì)[2] en informeel as 简体 (tradisionele Chinees: 簡體字かんたいじ, pinyin: Jiǎntizì)[3] bekend. Mao Zedong stel in 1952 in 'n neutedop die twee parallelle doelwitte van die vereenvoudigingsproses: dat die proses van vereenvoudiging beide die strukturele vereenvoudiging van karaktervorme sowel as die aansienlike verkleining van die totale aantal gestandardiseerde Chinese karakters moes behels.[4]

Tradisionele Chinese karakters word vandag in Hongkong, Macau, en Taiwan (Republiek China) gebruik. Chinese diaspora gebruik gewoonlik tradisionele karakters, maar vereenvoudigde karakters word algemeen onder Vastelandse Chinese emigrante gebruik.

Vereenvoudigde karaktervorme is geskape deur die aantal stroke te verminder en die vorme van 'n aansienlike deel van tradisionele Chinese karakters te vereenvoudig. Sommige vereenvoudigings is op gewilde kursiewe vorme wat grafiese of fonetiese vereenvoudigings van die tradisionele vorme behels het, gebaseer. Sommige karakters is vereenvoudig deur reëlmatige reëls toe te pas, soos byvoorbeeld deur alle voorvalle van 'n sekere komponent met 'n vereenvoudigde weergawe van daardie komponent te vervang. Variantkarakters met dieselfde uitspraak en identiese betekenis is tot een gestandardiseerde karakter, gewoonlik die eenvoudigste van die variante, gereduseer. Uiteindelik is vele karakters ongeskonde deur die vereenvoudingsproses gelaat, en is dus identies aan die tradisionele Chinese ortografie.

Sommige vereenvoudigde karakters is baie anders, soms onvoorspelbaar so, aan hul tradisionele eweknieë, veral daardies waar 'n komponent deur 'n arbitrêre eenvoudige simbool vervang is.[5] Dit lei gereeld opponente van vereenvoudiging wat die vereenvoudigingsmetodes nie goed ken nie tot die slotsom dat die algehele proses van karaktervereenvoudiging ook arbitrêr is.[6][7] In der werklikheid is die metodes en reëls van vereenvoudiging min en intern konsewent.[8] Aan die ander kant spog voorstanders van vereenvoudiging met 'n paar gekose vereenvoudigde karakters asof dit vernuftige uitvindsels sy, wanneer dit inderdaad reeds vir honderde jare as antieke variante bestaan.[9] Die debat oor die gebruik van tradisionele teenoor vereenvoudigde Chinese karakters duur vandag nog voort in Chineessprekende lande.

'n Tweede ronde van vereenvoudiging is in 1977 uitgevaardig, maar is later weens 'n aantal redes teruggetrek. Die Chinese regering het egter nog nie amptelik die doelwit van verdere toekomstige vereenvoudiging laat vaar nie. In Augustus 2009 het die Volksrepubliek China begin om openbare terugvoer oor 'n gewysigde lys van vereenvoudigde karakters in te samel.[10][11][12][13]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings en voetnotas[wysig | wysig bron]

  1. 教育きょういく就《汉字简化方案ほうあんとう发布 50 周年しゅうねんこたえ记者ひさげ Semi-eeu-fees vir die publikasie van die Chinese Karaktervereenvoudigingsplan en amptelike perskonferensie.
  2. Verwys na amptelike publikasies: zh:汉字简化方案ほうあん, zh:简化总表, esv.
  3. Die naam zh:简体 verwys na die vereenvoudiging van die karakter wat "struktuur" of "liggaam" beteken. Hierdie vorm van vereenvoudigde karakters bestaan reeds etlike duisend jaar neffens algemene, ingewikkelder weergawes. Aan die ander kant beteken 简化 Vereenvoudigde Karakters, wat na metodes meer as net strukturele vereenvoudiging verwys.
  4. しょ同文どうぶん :《漢字かんじ簡化方案ほうあんせいてい始末しまつけいしん华网 。Gedetailleerde oorlewering van die Chinese vereenvoudigingspoging.
  5. Voorbeelde van karakters waar 'n komponent deur 'n arbitrêr gekose en vereenvoudigde simbool vervang is, sluit in: 对(たい)、邓(鄧)、观(かん)、欢(歡).
  6. Sien bv. die Engelse weergawe van hierdie artikel soos op 9 Mei 2011 en die Chinese weergawe soos op 28 April 2011, Vereenvoudigingsmetode-seksie.
  7. 小明こうみょう faal in sy boek om te verstaan dat また nie as 'n vereenvoudigde komponent gebruik word nie (簡化偏旁へんぼう), en spot dus die "inkonsekwente toepassing" van また in 欢, 汉, 仅, esv. Die outeur maak ook 'n wanvoorstelling van die beweegrede omtrent die vereenvoudiging van だん, sowel as kursief-gebaseerde vereenvoudigings. Sien zh:簡化#簡化方法ほうほう en oorspronklike, amptelike skryfstukke soos 简化总表. 彭小あきら,《漢字かんじ簡化とくつぐなえしつ》,香港ほんこんなつ菲爾國際こくさい出版しゅっぱん公司こうし,2008ねん01がつISBN 9789629380687
  8. Sien zh:簡化#簡化方法ほうほう
  9. In '17个角度かくどいたしげる简体汉字 (经济观察网)' (part1 en part2), die geleerde 裴钰 loof byvoorbeeld die vereenvoudigde karakter たい as 'n vernuftige nuwe uitvindsel, wanneer dit inderdaad reeds vir honderde jare bestaan (sien かん字典じてんからだ).
  10. [https://web.archive.org/web/20090815131513/http://www.china-language.gov.cn/gfhzb/gfhzb/gong_gao.html Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine 关于《通用つうよう规范汉字ひょうおおやけ开征もとめ见的公告こうこく] Geargiveer 15 Augustus 2009 op Wayback Machine. Bladsy oor die lys op die Staatstaalkommissie se webwerf, insluitende 'n skakel na 'n pdf-lêer van die lys. Besoek op 2009-08-18.
  11. 汉字,该繁还是简?. Gesindikeer van 人民じんみん (Volksdagblad), 2009-04-09. Besoek op 2009-04-10.
  12. 专家しょう恢复繁体字はんたいじだい价太だい しん规范汉字ひょうはた公布こうふ Gesindikeer van しんきょう, 2009-04-09. Besoek op 2009-04-10.
  13. [1]